Cover FG
Frikkie

Frikkie

Beste Adelle,  

Bure van ons het ‘n tydjie gelede by ons huis verby gestap en die die framless deure gesien en met ons kom gesels oor of hul glas of shutters moet insit.

Natuurlik het ons vir hul op al die voordele van die glasdeure gewys en hul jul kontakbesonderhede gegee, maar toe was jou werkers nog besig en ons het hul genooi om te kom kyk as die werk klaar is.

Gister was hul by ons en Hannie het hul al die fynere puntjies uitgewys waar ons oorspronklik foute gemaak het, wat hul baie waardeer het.  Sy het ook aan hul genoem dat ons ‘n goedkoper kwotasie kon gekry het by iemand anders, maar hulle werk nie so netjies soos julle s’n gevind het nie.  Jul na-sorg diens is ook genoem, en ons glo ons het hul so beinvloed dat hul nou beslis van julle gaan gebruik maak.

Ek hoop jul neem ons “lofsang” en moeite in ag met jul werk hier by ons, want ons is seker ons kan vorentoe vir jul nog werk gee.  ‘n Vriend van my wat saam met my gholf speel gaan nou juis ‘n huis laer in die straat af bou en het al na ons bybehore kom kyk, maar toe was die shutters nog op.  Nou kan ek hom op die framless deure wys.

Groete

Frikkie

Quick Contact

Enter Code
Enter This Code